MOEDERSDAG BY DIE WERF

12 Mei is dit weer Moedersdag. Bring vir ma/vroulief na Die Werf vir ‘n lekker ete. Daar is ‘n vasgestelde ontbyt asook ‘n vasgestelde Middag ete om die hele familie te bederf. Kyk hieronder na ons spyskaart indien julle enige oortuiging benodig. Ons hoop om julle hier te sien. Besprekings is noodsaaklik! Kontak Karlien by reception@diewerf.co.za om julle besprekings te maak.

Werf-Moedersdag-final

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

moedersdag-spyskaart


SPITBRAAI BY DIE WERF – TE LEKKER

Ons SPITBRAAI was so ‘n groot sukses dat ons dit ‘n winter-institusie gaan maak by Die Werf. Nou is julle elke Sondag welkom en versekerd van ‘n lekker lam op die spit. Saam met die lam het ons ook kwart hoendertjies wat onder aan die spit gaargemaak word. Voor- en nageregte sal elke Sondag verskil > ons moet julle darem ook op julle tone hou.

WERF-Sunday-spitbraai-email


SPITBRAAI BY DIE WERF

Wat is dan nou lekkerder as ‘n SPITBRAAI? Kom gerus hierdie Sondag na Die Werf vir ‘n lekker skaap-op-die-spit met voor- en nagereg. Nou om uit te hou tot dan…

WERF-Sunday-menu-14Apl


BOEREWORS en BOERETROOS

Met die ekonomie soos wat hy is, benodig ons almal ‘n bietjie BOERETROOS. En by Die Werf gee ons vir jou saam met dit ‘n ietsie lekkers – Boerewors, pap saam met Sheba sous en ‘n eier. En ons dit doen dit teen die belaglikke prys van R29.90 om die sak darem ook te help. Wat dink julle daarvan?
Werf-boerewors&boeretroos-email


WHISKEY IS OOK ‘N KULTUUR

By Die Werf glo ons om ons horisonne te verbreed asook die van ons kliente. Dis hoekom ons ‘n Whiskey proe hou hierdie Donderdag,  14 Maart. Ons deure is oop vir enige iemand wat meer wil leer van Whiskey. Dit gaan ‘n lekker aand wees waar ons 3 Whiskey’s  gaan uittoets en dan is daar ‘n smaaklike 3 gang maaltyd wat op almal wag. So as jy nie kom vir die Whiskey nie, dan kom jy gerus vir die kos.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


SONDAG ETE BY DIE WERF

 

 

WERF-Sunday-menu-10Mrt-sfw


VREDEenLUST WYNPROE BY DIE WERF

Ons het so paar mensies wat ons gevra het om die VREDEenLUST wynproe aan te skuif na volgende week toe.
En by Die Werf wil ons julle gelukkig hou.
So maak julle bespreking vir Donderdag 7 Maart vir ‘n LEKKER WYNPROE.
Normaal weg is daar net 3 wyne, maar VREDEenLUST bederf ons met 6 wyne die keer.
Kontak asb vir Karlien by reception@diewerf.co.za vir enige navrae en/of besprekings

Vrede&Lust-wynproe-7Maart


Wynproewing by Die Werf

Dis weer sulke tyd by Die Werf waar ons moet seker maak daars niks fout met die wyn van VREDEenLUST nie. En dit maak nie saak deur hoeveel bottels ons moet gaan om dit te bewerkstellig nie, dis ‘n taak en verantwoordelikheid wat ons tevrede is om op ons skouers te neem. Kom deel saam met ons in hierdie samesyn. Daar is 6 wyne om te beproef hierdie keer en dit alles saam met smul-lekker kos. Daar is reeds besprekings vir die aand, so ek raai aan julle mail vir Karlien by reception@diewerf.co.za om julle plekkie te bevestig.


VALENTYNS DAG

 

Kom gee haar/hom ‘n roos by Die Werf hierdie Valentyns dag
en dan eet julle sommer hier ook! Kyk hieronder vir die spyskaart.
En as jy die bederf nog verder wil neem dan bespreek sommer
oornag akkomodasie by ons. Ons het 4 luukse kamers om van te kies.
Vir Valentyns dag is daar ‘n spesiale aanbod van R650.00 per aand
en dit sluit in ‘n bottle vonkelwyn en sjokelade mits jy van die
Valentyns ete aanbod ook gebruik maak.

Werf-Valentyn-email Werf-Valentyn-spyskaart


WELKOM AAN ALMAL!

welkom boodskap.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons het besluit om ons mooi te maak vir 2013 en ons hoop julle hou daarvan. Daar is nog baie werk om te doen aan ons webtuiste en ons sal enige voorstelle waardeer.

Kom kuier weer by ons [Die Werf Restaurant], want daars planne van verandering daar ook.

Die Werf gaan sy eie nuusbrief begin om julle op hoogte van sake te hou. Sluit aan sou julle belang stel, andersins kom sluit aan by ons Facebook bladsy asook ons Twitter gesprekke.

likebutton      tweetbutton




Facebook

Get the Facebook Likebox Slider Pro for WordPress