
Ons het ‘n paar nuwe goedjies hier by Die Werf insluitend ‘n winkel area waar julle ons produkte kan bekom. Ons het baie goeie terugvoering van julle, ons kliente, ontvang tot dusver en ons hoop om nog meer vir julle te kan bied binnekort.
By Die Werf hou ons van unieke kuns maar wat tog ons Afrikaanse herkoms weerklank. Hierdie jaar gaan ons meer kuns uitstal en meer ontwerpers ondersteun. Indien jy jou unieke produk(te) hier wil uitstal kontak gerus vir Chantelle by chantelle@inkgesteld.co.za – sy is ons kurator.


